jy’s so lig en so lag
so giggeltjies en kielietjies
so dartelende skoenlapper-lappertjie

jy’s so lief en so lig
so feëtjies en fyntjies
so besige klein bytjie

met jou nuuskierige, ronde dimpeltjie-handjies
met die sagte veertjie-raampie om jou blinkoog gesiggie
met jou sleep-sleep kombersie-stertjie
met jou wippetie foppietjie soos ‘n veldmuisie se neusie

klein sterretjie
klein varkie parkie
pikkewyntjie
kaalvoetkleintjie

vir jou het ek so lief so lief

Advertisements